Andalusiese nagte en die klank van kitare,
en die trotse Sinoras by Flamenco del Amor.
Andalusiese nagte met my nooi in my arms,
die hemel het 'n duisend sterre, het my hart hier verloor.
Dit was 'n Spaanse troue, per toeval kom ek daar aan.
Ek wou net gou iets gevra het, maar die bruidspaar nooi my in.
Toe sien ek Maria Dolores, so jonk, so mooi, so heel vrou.
Toe weet ek dat ek sal aanbly, ek voel aan sy hou ook van my.
Andalusiese nagte en die klank van kitare,
en die trotse Sinoras by Flamenco del Amor.
Andalusiese nagte met my nooi in my arms,
die hemel het 'n duisend sterre, het my hart hier verloor.
Dit word 'n somer vol liefde, met nagte vol vrolikheid.
Dae vol sonskynliefde, ver weg van die werklikheid.
Tog iewers laat in September, moes ek van haar afskeid neem.
'n Droom het daarmee geeindig, ek het haar nooit weer gesien.
Andalusiese nagte en die klank van kitare,
en die trotse Sinoras by Flamenco del Amor.
Andalusiese nagte met my nooi in my arms,
die hemel het 'n duisend sterre, het my hart hier verloor.
Die hemel het 'n duisend sterre, het my hart hier verloor.