As die suidwind waai oor die hawe,
en die winter-reen huil teen my venster.
Dan verlang ek na tropiese nagte,
en die tyd by die see, saam met jou.

As die suidwind waai oor ons strande,
en die seevoels vlieg laag oor die golwe.
Dan onthou ek weer koel maanlignagte,
en die geur van jasmyn in jou hand.

Want jy bly nou ver oor die water,
en ek is hier alleen.
Maar wanneer ek kyk na die sterre,
sal ek jou tussen heide sien staan.

As die Suidwind waai oor die golwe,
en die wind bring die geur van die duine.
Sien ek weer jou gesig tussen heide,
en die klank van jou stem vul die lug.
Dan soek ek tussen fonk'lende sterre,
na die vrou wat ek nooit sal vergeet.