Jy was in my droom, so wonderskoon en so gelukkig.
En toe net daarna, hoor ek die huw'liksklokkies lui.

Droom van my, soos ek van jou.
Droom van my, soos ek van jou.

Jy 't so teervol, sag na my geloer, ek het heeltyd net aan jou gedink.
Toe het ek gesê ek het jou lief, wyl die kerkkoor net vir ons twee sing.
En toe sien ek verder in my droom, jare in die toekoms hiervandaan.
En ek sien ons dan ook hand aan hand, so verlief-verlore net soos nou.
In my droom sien ek twee mense staan, oud en afgeleef maar nog verlief.
Jy hou nog my hand in joune vas, en ons droom dan steeds nog van mekaar.

Droom van my, soos ek van jou.
Droom van my, soos ek van jou.

Na my droom dink ek toe weer daaraan, kan my lewe ook gelukkig wees.
Moet die dag dan ook ten einde snel, was my droom maar net, maar net 'n droom.

Droom van my, soos ek van jou.
Droom van my, ...