Kom saam na die velde
daar ver na die ruimtes
want net daar alleen
het die lewe weer sin
Klim hoog op die berge
blom blink bo die sterre
wat skitter en flikker
oor ons twee wat min
O, dan stryk ek strelend silwer snare
ons speel die liefdeswonder ons alleen
en wyl dan nog die wind woed deur die bome
ai, nou weet ons tog wat harte kan voel
Ons bid saam 'n bede
o nag gee ons vrede
getuig jy alleen dat ons trou hier bemin
Kyk op in my oë
ek sien jy's bewoeë
want liefde, slegs liefde kan alles oorwin
O, dan stryk ek strelend silwer snare
ons speel die liefdeswonder, ons alleen
ja as dan nog die wind woed oor die bome
hoe waar word dan die edel van ons droom
waar word dan die edel van ons droom
Kom saam na die velde
daar ver na die ruimtes
want net daar alleen
het die lewe weer sin
klim hoog op die berge
blom blink bo die sterre
wat skitter en flikker
oor ons twee wat min
Wat skitter en flikker
oor ons twee wat min